Saturday, 23 February 2013

Eselkloupan



Eselkloupan

For free online language translation go to translate.google.co.za


Is Eselkloupan se spore eselspore of spoelgate? 

Die plaas Eselkloupan is geleë in die Noord-Kaap, 17km vanaf Groblershoop. 

Geoloë beweer dat die gesteente waarin die "Spore" ontstaan het, gevorm is voordat daar soogdiere op aarde was. Volgens hulle teorie was dit deur water en natuurlike verwering gevorm.

Daar is ook ’n ander denkskool. Mense wat aanvoer dat die gesteente waarin die “spore” gevorm is, ’n konglomeraat is. ’n Gesteente wat onder hoë druk uit los klippe en sand gevorm was en eers later in die aarde se vormingsgeskiedenis ontstaan het en dit daarom moeilik is om die presiese ouderdom daarvan te bepaal.

Daar is ook die wet van gemiddeldes wat bepaal dat die waarskynlikheid dat die gate as gevolg van natuurlike verwering kon ontstaan bykans onmoontlik is.


Hulle verduidelik dit soos volg.
As jy 'n dobbelsteen neem en dit gooi, is die kans dat dit op 'n ses sal val 1 uit 6. (6 Kante)
Om twee sesse te gooi is die kans 1 uit 36 (6x6). 3 sesse is 1 uit 216 (6x6x6) ens ....ens....ens.


Wat is die kans dat jy twee spoelgate gaan kry wat soos 'n eselspoor lyk?
Of, Hoeveel keer het u al so 'n "spoor" gesien?
Vir hierdie oefening kan aanvaar word dat dit waarskynlik is dat daar een so 'n gat vir elke 1000 spoelgate is.
Om dus twee spoelgate te kry wat soos 'n eselspoor lyk, is die waarskynlikheid 1000 X 1000. M.a.w. 1 uit 'n miljoen.
Die waarskynlikheid om dus 5 sulke gate te kry is 1000  x 1000 x 1000 x 1000 x 1000. M.a.w. 10 tot die mag 15.


Die waarskynlikheid dat hierdie spore almal dieselfde grote, dieselfde diepte en in die selfde rigting wys en nog binne 'n radius 3 meter van mekaar is, maak dit wiskundig onmoontlik. Let ook daarop dat daar ongeveer 12 “spore” in die gesteente vasgevang is.
Indien dit dan wel spoelgate is, wat soos u self kan aflei hoogs onwaarskynlik is, behoort dit ook as 'n wonder en ’n nasionale besienswaardigheid erken te word.



Ek sal graag u kommentaar hieroor wil hoor.

Die vraag bly dus: Is Eselkloupan se spore eselspore of spoel- of maalgate?
Vir meer inligting kontak my. As u ’n mening het, is u welkom om dit hier te gee.

Wollie Burger
Sel: 083 303 7762
Tel: 054 741 0119
Faks: 086 6750750

Tuesday, 19 February 2013

"Nagmerrie"

For free online language translation go to translate.google.co.za


Die Boegoeberg FotografieKlub hou ons byeenkomste elke 2de Woensdag van elke maand en besluit op 'n tema vir die volgende byeenkoms waarheen elke lid dan ± 3 foto’s bring vir bespreking. Die tema van Februarie was "Nagmerrie". Dit was nogal 'n lekker uitdaging! Ek het die begraafplaas tonele op "De Oude Puts" van Chris & Narina Vorster geneem met Veronique as die model. Baie dankie julle. Dit was lekker op die plaas.
O..ja, en die twee wolwe. Dit is Gaffie & Jagter in ‘n bekgeveg.







Kalbas Padstal


 For free online language translation go to translate.google.co.za



Mev. Irene Visser, verbonde aan Kalbas Padstal, tussen Groblershoop en Upington het Saterdag ‘n 3de plek verower in die “Northern Cape Has Talent” kompetisie. Die kompetisie is deur die Departement van Sport, Kuns en Kultuur van die Noord-Kaap aangebied om kuns en kultuur te bevorder en te ontwikkel en sodoende landelike ontwikkeling ‘n hupstoot te gee. 
Volgens die beoordelaars was haar handwerk uniek en oorspronklik, aangesien haar gravering en ontwerp op natuurlike kalbasse gedoen is  en gebruik word in die vervaardiging van lampe, vase en kershouers. Na regte moes Handwerk, Kuns en Modeontwerp in aparte kategorieë ingedeel wees, maar omdat dit vir hierdie kompetisie saam gegroepeer was, het dit die beoordeling van hierdie kategorie problematies gemaak.
Irene is die enigste deelnemer wat ‘n toekenning vir handwerk ontvang het en is baie tevrede met haar kontant prys.  Sy is van plan om met die prysgeld haar droom waar te maak, deur  ‘n steenhuis vir die gesin in Topline te bou.
Hierdie talentvolle vrou beoefen haar kuns in ’n klein ateljee agter Kalbas Padstal, maar is altyd gereed om besoekers en toeriste wat die padstal aandoen te verwelkom.  
Die padstal is ook die toerisme inligtingsentrum van die Boegoeberg Eco Roete en daarom is Irene met haar vriendelike en spontane persoonlikheid, ’n ware ambassadeur vir hierdie streek.